
Worship is Groot 2026
🩷 Worship is Groot 2026 🩷
5 Jaar van Genade. Een Dag van Eenheid.
Sluit aan by ons vir 'n kragtige buitelug-aanbiddingsdag, geskik vir die hele gesin, wat plaasvind by die pragtige Casalinga in Muldersdrift (Krugersdorp). Hierdie jaar vier ons ons 5de bestaansjaar, en ons is dankbaar vir God se genade wat ons van die begin af ondersteun het. Wat begin het as 'n eenvoudige daad van gehoorsaamheid, het gegroei na 'n samenkoms waar harte saam in eenheid aanbid.
🌿 Wat jy kan verwag:
• 'n Gesinsvriendelike atmosfeer
• Aanbidding in Afrikaans en Engels
• 'n Dag gefokus op eenheid, gemeenskap en God se teenwoordigheid
• Geleentheid om te doop
• Veilige parkering op die perseël
🪑 Wat om saam te bring:
• Kampstoele of komberse
• Sambrele vir die son
• Oop harte gereed om God te aanbid ☀️🙏
🎟 Kaartjies:
• R30 per persoon
• Kinders onder 12 jaar GRATIS
• Kaartjies beskikbaar aanlyn en by die hekke
• Slegs kaartbetalings by die hekke op die dag
🍔 Belangrike kennisgewings:
• Geen koelhouers toegelaat nie – ondersteun asseblief die verkopers op die dag
• Die venue verkies kaartbetalings vir alle drinkgoed
• Alkohol-vrye-geleentheid
⏰ Tye:
• Hekke open: 08:00
• Aanbidding begin: 10:00
• Afsluiting teen 15:00
✨ Ons glo dat dit weer 'n heilige dag sal wees waar God harte aanraak, verlore skape terugkeer huis toe, en waar lof en aanbidding as een stem opstyg. Kom ons kom saam en aanbid God! ✨
Almal is welkom! Die hele gesin is welkom.
Plot 328 Rocky Ridge Road, Off Beyers Naude Drive, 1724 Roodepoort, South Africa
Itinéraire







