Die Siel van Eugène Marais | Die Centurion Teater

Die Siel van Eugène Marais | Die Centurion Teater

Buy Tickets
About the event

🎭 DIE SIEL VAN EUGÈNE MARAIS
’n Poëtiese teaterervaring oor ’n komplekse Afrikaner-ikoon!
Met: Daniel Anderson
Pianis: Paul Ferreira
Teks: Amanda Bothma

‘n Reis deur die lewe, siel en stryd van een van Suid-Afrika se mees onwaarskynlike helde.
Die Siel van Eugène Marais is ’n poëtiese ontdekkingsreis deur die lewe van die digter, wetenskaplike, joernalis en “Wonder Dokter”.
Deur middel van woord, musiek en sy eie gedigte word Marais se soeke na liefde, waarheid en menswees blootgelê — van sy briljante vroeë jare tot sy gebroke laaste oomblikke onder die doringboom.

🌟 Gebaseer op ware gebeure, maar deurweef met simboliek, morfienvisioene en poëtiese fragmente!
Ontdek sy stryd tussen lig en donker, sy obsessie met die natuur en die spookbeelde wat hom verteer het.
Met drama, klanklandskappe, musiek en visuele simboliek — insluitend die figuur van Skoppensboer — word ’n hipnotiese en emosioneel gelaaide atmosfeer geskep.

📜 Die ikoniese gedig Winternag vorm die spil waarom die stuk draai, verweef met Marais se innerlike stryd.
“Ons wou nie net sy biografie vertel nie… ons wou sy siel blootlê.”

🎟️ Kaartjies: R220
👉 Bespreek nou

🌍 Ligging: 123 Amkor Road, 0157 Centurion, South Africa

#EugeneMarais #DieSielVanEugeneMarais #CenturionTeater

Found by Somo·See original
Location

123 Amkor Road, 0157 Centurion, South Africa

Get directions

This week in Sverige