Kultura-Fees: Ek is nie Danie

Kultura-Fees: Ek is nie Danie

About the event

Ek is nie Danie is ’n aangrypende rock-teaterstuk wat poësie, musiek en storievertelling bymekaarbring om ’n kragtige en diep ontroerende ervaring te verseker.Albert Pretorius, met die aangrypende begeleiding van Schalk Joubert, ontbloot skerf vir skerf die fragmente van ’n vreesaanjaende gewone lewe – van ’n mislukte huwelik in die buitewyke van Duitsland tot die komplekse werklikheid van ’n middelklasbestaan in Suid-Afrika. Dit is ’n verhaal oor ouerskap, identiteit en die soeke na behore en betekenis.Die produksie is geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels en plaas die fokus op ’n verlede wat die hede bly vasgryp. Dis eerlik, rou en ontoegeeflik.TEKS: Danie MaraisREGIE: Nico ScheepersMUSIEK: Schalk JoubertKONSEP: Niel van DeventerVERVAARDIGER: Toyota Stellenbosch Woordfees

Found by Somo·See original
Location

2 Durbanville Ave, Durbanville, 7550, South Africa

Get directions

This week in Sverige