
“O meno o pouse”- ’n kabaret vol humor, hartseer en hoop met Arina de Witt
'O meno o pouse' is *n unieke kabaret wat 30 jaar gelede geskryf is deur PG du Plessis, spesiaal vir Arina de Witt. Hoewel sy destyds gevoel het sy was nog te jonk om dit op te voer, is sy nou gereed om hierdie juweel met die gehore te deel. 🥰
In hierdie intieme, humoristiese en roerende kabaret volg ons Bets –afgetree, alleen, en vasgevang in die stiltes van wat kon gewees het. Sy het gewag... gewag vir die liefde, vir die regte tyd, vir die vraag ... en haar drome in 'n kas gesit, saam met 'n trourok en ongestuurde briewe. 🌷
Tans gee sy als weg, maar gaan haal haar drome aan, sonder spyt. Hierdie kabaret is*'n reis deur 'n leeftyd van hoop*– 'n storie van hoe jy ná die “meno-pouse” dalk eers begin leef, al is dit net*'n oomblik lank*. ✨
📍 Ligging: Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa
Get directionsScan with your camera – the event opens in the Somo app.









