Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater (LIVE RECORDING)

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater (LIVE RECORDING)

À propos de l'événement

🎙️ MEL DIE STORIEVERTELLER – INTERNET SENSASIE ✨ ga LIVE!
Wees deel van die gehoor wanneer Mel haar derde komiese eenvrouvertoning regstreeks opneem. Geniet die lag, die energie en die oomblikke wat dalk net op kamera beland!

📅 Datum: Saterdag, 5 September 2026
🕒 Tye: 15h00 & 19h30
💰 Kaartjies: R220
🎟️ Bespreek nou

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie Mel in hulle midde was. En nou is almal terug om haar regte lewe aan te sien — sy is nie net skreeusnaaks nie, maar kan ook sing!

Mel deel verhale vanuit die elektroniese oerwoud vol opvallers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ’n beplande vuisgeveg in KuduKraal, en die ontstaan van Mel die Storieverteller.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik — maar glo dit of nie, dis glo alles waar. Wel, so sê Facebook...

#MelDieStorieverteller #InternetSensasie #LiveRecording #CenturionTeater

Trouvé par Somo·Voir l'original
Lieu

123 Amkor Road, 0157 Centurion, South Africa

Itinéraire

Cette semaine à Sverige