Feedem Opwip Koffiewinkel
Food

Feedem Opwip Koffiewinkel

Über die Veranstaltung

Kom sluit aan by ons vir die liefdevolle Mini Opwip-Koffiewinkel van Feedem, wat weer plaasvind by Huis Andries Hamman! 🎉

💖 Wat om te verwag:
Lekker koffie, heerlike geselskap en vars tuisgebakte bederfies! ☕🍰🍋
Op die spyskaart:

  • Vars koffie en ander drankies
  • Gebakte kaaskoek
  • Sjokolade brownies
  • Wortelkoek
  • Suurlemoen meringue
  • Quiche
  • En nog baie meer heerlikhede!

Bring jou familie, vriende of kollegas saam en bespreek 'n tafel! Geniet 'n rustige kuier saam met ons, of plaas 'n voorafbestelling en neem alles huis toe! 😉

📅 Belangrike inligting:
Voorafbestellings sluit op Woensdag, 1 Julie 2026. Maak seker jy bestel betyds om teleurstelling te voorkom!

💛 Fondsenaming:
Elke koppie koffie en stukkie koek help om fondse vir Huis Andries Hamman in te samel. Jou ondersteuning beteken die wêreld!

📞 Navrae en Bestellings:
Marianna Botha (Feedem)
📱 071 870 6598
📧 andrieshamman@feedem.co.za

Kom geniet 'n wonderlike oggend saam met ons! 👉 Meer inligting hier!

Ort

10 Baring St, Worcester, 6861, South Africa

Route

Ähnliche Veranstaltungen

Website ansehen