
LIZZ MEIRING in DIE "REAL HOUSEWIFE" - GEEN O/14
Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV program uitgesaai is . Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie . Nog steeds, wêreldwyd, word die “Real Housewives” reeks uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die ware - “ real “ housewife?” In “ Die Real Housewife “ skep multi bekroonde aktrise, rigisseur, skrywer en vervaardiger, Lizz Meiring so ‘n fiktiewe karakter . Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans trop beskou. In die splinternuwe solostuk deur Lizz Meiring , gaan jy heerlik lag, kopskud , en dalk net iets van jouself of ‘n ander vrou (of man) na aan jou, herken . Hier word oor alles en wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “ realiteits tv sterre”. Dis verrassend, eietyds , warmhartig en baie vermaaklik.Tydsduur: 60 minuteTaal: Afrikaans met enkele EngelsGradering: Enkele kru taal, maar dubbelsinnige verwysing na seks. Sal nie kinders onder 14 interesseer nie.Geskryf en opgevoer deur Lizz Meiring Vervaardig deur Artist Warehouse
Chenoweth Straat 6,, 7550 Durbanville, South Africa
Route








